SaaiCity stigting

SaaiCity Stigting – Die stigting se eerste ontwikkeling

Saaicity stigting
SaaiCity Stigting

 

SaaiCity Stigting

SaaiCity stigting soos hieronder gesien kan word is dit die basis uitleg plan van die SAAI Stigting se woondeel. Die blokkies verteenwoordig nie erwe nie maar meenthuis komplekse wat elk van 5 tot 9 eenhede mag wees. Elke straat soos die kleure aantoon word deur die argitek ontwerp om mooi bymekaar te pas as ‘n groep in die straat. Geen direkte toegang word vanaf die hoofroetes na huise of meenthuise toegelaat en dit is ‘n oopplan tussen die komplekse. Daar sal ook gewone erwe wees maar die meeste sal komplekse wees. Let op dat die klein groen strepies die wandel paaie aantoon sodat daar per voet na einge plek geloop kan word tussen die verskillende woondele.

Die totale stad sal egter omhein wees met ‘n toegangs hek. Ook sal daar metro polisie wees bekend as M-Polisie. Deur bloot op ‘n paniek knoppie in die huis of op jou selfoon te druk sal die M-polisie jou presiese plek bepaal. Sodoende kan beter en vinniger veiligheid gewaarborg word. SAAI Stigting se kenmerk is, as dit nie veilig is kan jy nie in ‘n stad werk om geld te verdien want dooie mense kan niks met die geld doen nie.

SaaiCity - Stigting
SaaiCity – stigting

Water:

1. Alle drinkwater moet absoluut suiwer wees en mag net met blink, silwer of chroom krane voorsien word.

2. By alle plekke waar onderwys gegee word moet borde opsigtelik wees met die woorde: Drink slegs uit chroom krane.

3. Alle tuine, nywerhede, en sport gronde moet van tuin water voorsien word wat bestaan uit gesifte rivier water, gesuiwerde riool en/of gesuiwerde nywerheids water. Die krane of kleppe moet bronze, geelkoper of baie donker grys of swart wees.

Afval moet as volg bestuur word:

1. Elke huis of kompleks moet oor ‘n verdeelkas beskik. Die verdeelkas is waar verskillende rommel ingegooi moet word en wel as volg

A) Swart – alles wat vrot mag wees soos, babadoeke, rotte, hondemis ensovoorts…

B) Blou – alle varkkos soos bene (sal gemaal word op varkplaas), groente, oorskot, ou vleis, brood, graan, pap en vele meer.

C) Oranje – minerale soos, rekenaars, batterye, staal, plastiek en staal wat nie geskei kan word, ligte, filters sonder olie, printers, inkhouers, ensovoorts.

D) Deurskynend – alle plastiek.

E) Geel – alle glas, bottels, gebreekte ruite of glase.

2. Alle plastiek vullis sakke moet in die kleure wees en borde moet aandui wat elke kleur behels. Soos vrot in swart, varkkos in blou, minerale in oranje, plastiek in grys vir deurskynend en laastens glas in helder geel.

3. Alle voornemende verkopers moet oor afval punte beskik waar die publiek afval kan ingooi. Elke saak moet hanteer word volgens die verkope, soos,

A) Garage en vulstasies – filters, olie en onderdele.

B) Hospitale, dokter spreekkamers, klinieke – mediese afval

C) Apteke – medisyne en pille

D) Drankwinkels – bottels

E) Kontrakteurs en boumateriaal verkope – bourommel en afval

F) Tuinbou en kwekerye – tuin afval en bome.

G) Chemies – verf, gifstowwe, acids, chemiese middele.

4. Niemand mag ‘n produk verkoop wat ge-ag gevaarlik mag wees vir die mens en natuur sonder om voorsienig te maak vir afval stowwe nie.

5. Alle mense en sake bedrywe moet afval verdeel en is verplig om dit te doen met die wete dat die beste herwinning kan plaasvind. Boetes mag gehef deur die munisipale owerhede.

6. Vrot en varkkos moet daagliks (behalwe sondae) verwyder word vanaf die versamel punte soos komplekse, straat- en blokpunte asook hospitale en koshuise.

7. Straat en/of blokpunte moet deur die raad voorsien word waarin huis-vullis deur die inwoners gegooi kan word. Nie verder as ongeveer 300 meter van enige woning.

Saaicity stigting – Alles net in SaaiCity

meer oor die stigting hier: https://stigting.co.za

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.