SAAI Stigting – Oorhoofs en beleid

SAAI Stigting

Oorhoofs en beleid

POLITIEKE BEGINSELS:

Afrika het 2 nadele wat ons moet begryp in ontwikkeling. Die een is dat regerings se geld selde of nooit op die vloer beland nie. Die tweede is dat die aanwas buitensporig hoog is weetende dat daar nie voldoende werk of fondse vir die jeug is nie. Dit laat die regerings met die probleem dat hulle wil stemme werf maar kan nie terselfdertyd die mense oorreed om effektief te oordeel nie.

Sjina met soortgelyke probleme oorheers ‘n mark waar hulle alles teen baie lae pryse wil bekom. Byvoorbeeld sal hulle Afrika stroop van minerale, hout en visse. Soveel so dat hulle die see leeg maak dat selfs die plaaslike bevolking niks sal kan vang om te eet nie. Die minerale soos in Zimbabwe word teen minimale pryse bekom omdat hulle net wil aas terwyl Zimbabwe nie goeie bande met die weste kan bou nie.

BEE (Swart bemagtiging) in Suid Afrika is kontra produktief, rassisties en vervreem dus die VSA en Europa wat nogsteeds die grootste handelsbande met Afrika het. Ons kyk vanaf ‘n Suider Afrika oogpunt en vind dat die grootste werk skepping Europa is en Sjina die grootste bedreiging. Sjina skep net werk vir homself terwyl Europa vir duisende mense in Afrika werk verskaf asook ‘n ekonomie stimuleer waarsonder Afrika nie ekonomies kan bestaan.

Dit wil voorkom asof Suider Afrika nie weet deur wie en waar sy grootste ekonomie ontstaan het nie. Dit mag dalk wees dat die rassisme voortbestaan tussen veral blank en swart vanuit die kolonialisme tye. Tog voorsien Europese nyweraars die meeste werk en geld aan Suider Afrika.

Sukses In Suider Afrika

As ons kyk hoe goed die werkers deur die Europese sakelui versorg en betaal word is die enigste bron van kommer die klomp stakings in Suid Afrika. Dit behoort verban te word maar omdat die vakbonde die regering beheer op die rasse en arbeids kant is dit ‘n uitdaging in Suid Afrika wat moet opgelos word. Ons moet egter nie die goeie verhoudings wat oor jare opgebou is laat verlore gaan oor die enkele probleem nie.

Ons moet die motor bedrywe soos Audi, Volkswagen, BMW en Mersedes Benz loof en as voorbeeld neem van hoe werk en uitvoere tot voordeel is van die mense in Afrika. Dit is hierdie beginsels wat deur die SAAI Stigting uitgebou word.

Ontwikkeling deur die SAAI Stigting

Wat doen die SAAI Stigting dan nou eintlik? Deur die bestaande vervaardigers uit te brei en nog meer nuwe vervaardigers van Europa na Suider Afrika te bring is die beginsel van sukses. Ons glo aan ‘n Europese projek waar Europese vervaardigers hul produkte hier kan vervaardig en dan weer terug invoer na Europa. Natuurlik kan dit dan ook na ander dele van die wereld uitgevoer word.

Die beste en hoogste tegnologie is in Europa en ons nooi hul bestuur en Ingenieurs na Suider Afrika om hul produkte hier te vervaardig. Dit beteken dat ons nie BEE ondersteun en bevorder, maar ons bring wel geld, werk, uitvoere en ‘n volhoubare ekonomie na Suider Afrika.

Ons kompetisie is lande soos Brasilie en India maar omdat daar baie blankes reeds in Suider Afrika is en daar reeds baie Europese nyweraars hier is, is ons een stappie voor hulle. Ons moet egter ons bedreiging deur die lae pryse van Sjina teenwerk met kwaliteit vakmanskap.

Voordele van die SAAI Stigting vir Suider Afrika. (Zimbabwe uitgesluit)

Alhoewel rassisme teen Europese mense in Afrika deur regerings beperk moet word moet die swart mense besef dat wit mense nie hul vyand is nie. Nogtans die volgende;

* Europa se mense bring kontant na Suider Afrika as hulle hier kom werk.

* Europa bring vervaardigers na ons land en bring dus geld die land in.

* Die vervaardigers voer uit na ander lande en so verdien ons valuta.

* Die Europa se mense het huise nodig, brandstof, kos, klere en baie meer, dit skep alles werk.

* Europa se mense kom kyk hoe lyk die land en spandeer dus geld as toerisme.

Al is die bestuur, Ingenieurs en sakelui van Europa, is dit die beste manier om Suider Afrika te ontwikkel en ‘n ekonomie op te bou sodat daar vir al die mense voorspoed en geluk sal wees.

Voordele van die SAAI Stigting vir Europa

* Baie Europese vervaardigers is reeds in Suider Afrika en doen goed. Hule is dus nie alleen in ‘n oerwoud met niks nie.

* Nuwe vervaardigers kan baie goedkoop gevestig word.

* Vervaardigers vervaardig produkte goedkoper in Suider Afrika as in Europa.

* Maklik om in en uit te voer.

* Stabiele regerings maak die risiko laag om weer na ander lande soos India en Brasilie te skuif.

* Goeie ekonomie in Suider Afrika met groot behoeftes aan baie produkte.

* Suider Afrika bied ‘n goeie infrastruktuur al moet paaie en spoorlyne opgegradeer word is dit baie

beter as ander lande in Afrika, Brasilie of India.

* Handhawing van goeie verhoudings met die VSA, Rusland, Australia en Niew Zealand bied goeie uitvoer potensiaal.

 

SAAI Stigting (Sake ontwikkelings afdeling) ;

* Kontakte met nuwe ontwikkelings in Suider Afrika

* Kontakte om sake te vestig.

* Groot nyweraars bied ondersteuning

* Beplanning en ontwikkeling van 2 stede.

* Lang termyn vervoer op pad, spoor en per lug.

* Sakekamers

* Gaan ontwikkeling laboratoriums oprig.

* Saam met ontwikkelaars groot bou projekte doen

* Detail beplanning en werkskepping.

* Kontakte met Europese Unie

* Uitvoer beplanning en logistiek.

* Personeel werwing en vestiging

Ons weet wat om wanneer en waar te bou!

meer oor die stigting hier: Stigting

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.