Koepel enjin met Ioonika

Enjin ontwikkelings:

Die Koepel enjin kompleks wat bestaan uit onderdeel vervaardigers wat spesialiste op hul eie gebied is. Vervaardigers  word genooi om deel te wees van ‘n gesamentlike projek. Hierdie spesialiste vorm dan ook onderlinge vervaardigers in enjin komponent werkwinkels soos hieronder aangetoon.

Elke komponent werkwinkel vorm sy eie fabriek en die vervaardiger sal elkeen sy eie fabriek kan bou soos hieronder. Daar sal ook kantore in die kantoorkompleks wees vir personeelbestuur, ontwerp en bemarking. Dit vorm dus ‘n kompleks waar elke fabriek afsonderlik kan funksioneer. Dit bied egter ondersteuning of saangestelde dienste waar elke groep saam kan bemark en die gesamentlike dienste kan benut. 

 

Koepel enjin kantore en laboratorium
Koepel enjin kantore en laboratorium

 

Die voordele is nie net om aan Koepel onderdele te voorsien nie maar omdat elke vervaardiger opsigself ‘n spesialis is, sal hy aan die vrye mark kan voorsien. Ander voordele is dat fasiliteite soos medies, sekuriteit, salarisse, rekenmeesters en personeel afdelings beskikbaar sal wees. Bemarking sal ook gesamentlik gedoen kan word wat aflewering, bemarking en vervoer kostes sal verlaag. Laastens moet ook ingedagte gehou word dat uitvoere ook deel van die beplanning is.

 Koepel is die saamstel van komponent vervaardigers vir enjins en motors. Komponent vervaardigers word genooi om fabrieke te bou in SaaiCity. Groot nuwe onwikkelings in die nuwe stad.

 

Koepel enjin werkwinkel- fabriek eenheid
Koepel enjin werkwinkel- fabriek eenheid

 

Voertuig en onderdele ontwikkeling.

1.Voertuig enjins en onderdele

Die ontwikkeling vind plaas as ‘n laboratorium wat begin met die nuutste en beste tegnologie ter wereld. Elke onderdeel word beplan op sy eie met verbintenis na ‘n monteer aanleg wat sentraal gelee is. Die giet van die blokke hoef nie op die perseel te wees nie maar die blokke sal wel die begin punt wees.

Daarna word aan die eenkant die krukassse vervaardig en aan die anderkant van die monteer aanleg die laers. Elkeen ‘n fabriek op sy eie. Die krukasse moet volledig met ‘pulleys’ en ‘flywheels’ gebalanseer word. Hierna die suiers en suierstange aan die eenkant en die volledige silinder koppe aan die anderkant.

Die uitlaatstelsel en inlaatstelsel asook die pype en hegstukke volg daarna. Aan die anderkant is die elektroniese komponente. Die volgende is die aansitters en ontwiikkelaars langs die elektroniese komponente . Daar teenoor is die filters en kragstuur met die verkoelers en lugversorging langsaan.

Dit word afgerond met die ratkaste aan die eenkant en ‘n stoor vir verpakking en versending aan die anderkant.

Op die punt eindig ons met die laboratorium wat die beginpunt was. Die proses word dus begin met ‘n laboratorium en onderdele fabrieke en ge-eindig met die sentrale proses as die monteeraanleg laaste. Alle fabrieke sal ‘n aflewering stoor aan die buite kante inrig wat ook kan dien as versending van onderdele.

Slegs eeningang en een kantoorkompleks word voorsien maar elke fabriek sal ook beskik oor interne kantoor, inspeksie en rekenaar kamers.

2. Koepel enjin en ratkaste

.

In die nywerheid kan verskillende enjins en onderdele vervaardig word. Dit word egter ook op die ADE beginsel gedoen waar die bostaande sal dien as die Koepel vervaardigde enjin fabriek. Indien enige van die onderdeel vervaardiger nie slaag in onderhandeling met pryse nie sal die monteeraanleg voorsiening maak vir alternatiewe onderdele. Elke onderdeel vervaardiger moet egter voldoen aan die kwaliteit vereistes alvorens dit tot die perseel toegelaat sal word.

Die koepel enjin sal gebaseer word op die beste onderdele ter wereld maar die pryse moet laer wees as enige alternatief. Dit is die beginsel van die koepel se sukses as nywerheid. Waar dit nie moontlik is, moet onderhandelings plaasvind en moet daar gekyk word na beter masjinering, robots en arbeid.

Makliker gestel is die sukses om die sjinese te klop met kwaliteit en prys deur skerper te wees.

Anders as in die geval van ADE sal die enjins egter verplig wees in voertuie kleiner as 2.5 ton..By registrasie sal sulke voertuie goedkoper eienaar lisensies kan bekom en sal die vervaardigers ook ‘n beter plaaslike komponent bevat.

Petrol enjins sal beperk word tot kleiner as 2 liter en diesel enjin kleiner as 2 punt 5 liter enjins. Almal sal 4 silinders of minder wees.

3. Koepel batterye

Die spesiale battery onwikkeling sal saam met die universiteit in Potchefstroom gedoen word terwyl die fabriek by bogenoemde aanleg gevoeg sal word as afsonderlike vevaardiging naby die aansitter en ontwikkelaar gedeelte. Dit word as ‘n kern projek beskou aangesien battery gesteunde voertuie met sonpanele deel gaan wees van moderne voertuie.

4. Algemene vereistes

Die hoogs tegnologiese nywerheid word gesien as ‘n alternatief tot bestaande arbeids probleme en ‘n teenfoeter vir sjinese oorheersing. Dit bied nogtans werkgeleenthede, is Europies gebaseer en dus mag die bestuur en ingenieurs europies wees. Die vakbond solariteit mag die plaaslike arbeid ondersteun maar word gesien as ‘n bonus tot die sukses vir ons streek teenoor die alternatiewe soos Brazil en India.

5. Ontwiikelings koste

Elke onderdeel vervaardiger ontwikkel sy gedeelte afsonderlik maar die perseel kostes soos paaie, riool, hek sekuriteit, grond en omheinings word deur die SAAI Stigting bepaal per vloer- en kantoorspasie van elke vervaardiger.

6. Die terein

Die SAAI Stigting sal die terrein bepaal binne die “nuwe Gauteng” en nadat dit geresoneer is sal dit bekend gemaak word aan alle rolspelers.

7. Uitvoere

Dit word beplan binne die SAAI Stigting se “Europe importers” forums wat basies behels dat Europese vervaardigers mag hul produkte weer invoer na Europa asook na enige ander land. Dit mag ook ander vervaardigers insluit onder die Europese unie se sambreel.

Die Koepel enjin se basiese ontwerp is as volg:

 

enjin
Koepel enjin

 

Ioonika

In ‘n boere verduideliking is dit elektrisiteit gesamentlik met chemiese reaksies en atoom eienskappe.

As ons dieper kyk is dit ‘n groep saamgestelde atome wat een of meer elektrone verloor of bygekry het, wat veroorsaak dat hulle ‘n positiewe of negatiewe lading kry.

1 elektron volt = 1.60217646 × 10-19 joules

13.6 eV energie sal een electron waterstof atoom kan verdeel. Ons het dan een ioonika waterstof. Dis nou net die begin en kan ons nou verder kyk.

enjin ioonika

.

Elektrostatiese potensiaal word in die figuur voorgestel.

Die geel gedeelte van die atoom het meer energie as die rooi gedeelte.

Dan kry ons anioon en katioon.

Energie na elektrisiteit

Nou waar kom die energie vandaan? Vanaf spontane magnetasie. Een van ons geheime is in die allooi

Ni45Co5Mn40Sn10. As jy die allooi teen hitte plaas soos teen die uitlaat van jou motorenjin sal die allooi wat nie magneties is oorskakel na magneties. Die magnetisme kan nou omgeskakel word na elektriese energie soos deur ‘n spoel met koper draad.

Maar daar is meer. Jy kan ook gebruik maak van die spin-Seebeck efek wat die spin tronika verder neem. Deur hitte te neem en dit met induksie (induce) in vloei kry jy ‘n spin stroom.

Drie eienskappe gekombineerd in een meteriaal

ferro = nie ysterhoudende materiaal

ferro-elektries

Ioonika

 

ferro-elasties                              ferro-magneties

 

Hitte vloei na elektrisiteit

ioonika

oranje =x geel =z

refleksie na induksie 1

refleksie na induksie 2

refleksie na induksie 3

Amper soos in piramiede struktuur word die vloei van elastiese spanning en magnetisme gelei na elektisiteit.

Die “spin Seebeck” effek word reeds deur TEC gebruik in praktyk om selle te vervaardig wat direk hitte in elektrisiteit omskep. Dit kan egter nou verbeter word.

Resultaat.

Vandag (2012) kan reeds 20 % van verlore hitte omgskakel word in elektrisiteit. As ons in ag neem dat ons met slegs 260 watt ‘n enjin 30% meer ekonomies kan laat funksineer, dan besef ons dat daar groot potensiaal is. Ons soek na mense soos afrikaanse universiteite om verdere ontwikkeling saam met Koepel te doen sodat ons leiers kan wees op die gebied.

Energie word meer en meer effektief benut weens die koste en besoedeling wat gepaardgaan met elkeen se lewe. Ons kan maar dink aan die sonpanele wat plaaslik verbeter is, en nou kan ons hitte materiaal verbeter deur na die grain te kyk en beter toe te pas. Die Joule elektrisiteit motor kan verbeter word en enige hitte kan nou omgeskakel word op klein skaal.

In totaliteit is die doelwit om ‘n enjin te bou wat brandstof twee keer meer effektief te kan benut. Om ‘n elektriese motor te bou wat sonder om te herlaai tussen Pretoria en Kaapstad te kan ry teen normale spoed. Om ‘n generator te bou wat elektrisiteit 2 keer goedkoper kan lewer as Eskom.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.