ee Fabrieke en waterstof kragstasie

Fabrieke en kragstasie

Die ee – Fabrieke gaan die kern vorm vir werkskepping in die nuwe Bloemfontein wat bekend sal staan as

                                              Cheetahstad

 

 

Die ee Fabrieke of Elektriese energie fabrieke,

Kom ons begin met ‘n voorbeeld van so fabriek. Sonpanele was in SA verbeter en ‘n goedkoper ontwerp as bestaande sonpanele is ontwikkel. Niemand kon of wou die projek finansier of die panele vervaardig nie. Die gevolg was dat dit in Duitsland gedoen is.

Dit is nog nie verlore want ons kan die Duitse maatskappy oorreed om dit goedkoper hier te doen en dit dan uit te voer. In so geval moet ons breed kyk. Daardie mense soek politieke stabiliteit, ‘n stabiele werkmag, goeie behuising, veiligheid, ontwikkelings moontlikhede en so meer. Ons moet dus na ‘n globale prentjie kyk.

Veronderstel jy kan jou selfoon omdraai en op jou lessenaar sit. Na ‘n halfuur is die selfoon vol gelaai. Pragtig.

 

 Items;

sonpanele

batterye

verskeie elektriese motors

LED beligting en

elektriese komponente

 Sonpanele wat deurskynend is, is reeds beskikbaar. So jou voertuig kan nou ten volle met sonpanele toegerus word. Stop bedags in die son en die batterye is vannaand vol om huis toe te ry. As jy rem trap is al jou wiele gekoppel met ontwikkelaars (generator) en as jy die petrol trap is al die ontwikkelaars weer motors wat jou voertuig aandryf.Vannag kan jy die batterye laai met elektrisiteit en bedags met die son en so tot 130 km/uur ry en maklik 100 kilometer per dag doen. Ma kan die kinders skool toe vat, werk toe ry teen so 30% van die petrol kostes wat jou motor vandag gebruik.

Groter motorvoertuie gaan in die toekoms petrol en elektries wees.

ee Fabrieke

Nou kan ons elektriese motors bestudeer en kyk wat die mark benodig. Daar is ‘n groot variasie van gebruike. Voeg batterye by wat tot 10 jaar hou en dan soek die mense na ligte klein herlaaibaterye tot groot batterye..

Komponente kan ook nog bygevoeg word en as ons nou alles saam voeg sit ons met enorme fabrieke wat werk skep en geld inbring. Plaaslik en vir uitvoere.

Items soos selfone en skootrekenaars kan ons maar vergeet om mee te ding. Ons is te ver agter en dus moet ons baie realisties wees in ons beplanning.

Strategiese beplanning

As ons die vrae vra soos wie, wat, wanneer, hoe ensomeer dan moet ons begin met ‘n plan wat vir die ontwikkelaars en beleggers na ‘n sinvolle en winsgewende plan klink op die medium en lang termyn.

Goed deurdagte planne wat wetenskaplik geformuleer is en gebaseer op hedendaagse tegnologie maar ook met ‘n toekomstige visie.

So ‘n plan moet nie met dik boeke gevul wees nie maar met wysheid en ervaring van suksesvolle doelwitte.

Stedelik en streekgebondenheid.

Ons het reeds voorsien dat elke ontwikkelaar, belegger of nyweraar moet ‘n persoon of persone gee wat op elk van twee rade dien. Dit is die Ontwikkelings raad (ook soos ‘n munisipaliteit) en die In- en uitvoer raad wat uitvoere en bemarking gaan hanteer.

Die persone bestuur dus nie net die fabriek nie maar ook die streek en regeer dus ook die gemeenskap wat huise, skole, winkels, hospitale en so meer insluit sodat daar ‘n totale stabiele omgewing geskep kan word.

Die samestelling is dus baie wyd en so ook die bestuur se funksies. As jy beleggers wil lok en uitvoere bevorder het jy goeie en ervare raadslede nodig wat op alle terrreine effektief kan bestuur.

 

Ekonomiese beplanning

Almal wil wins maak en darom is die gedeelte baie belangrik en sal dus deeglik beplan word. Risiko’s moet beperk word en uitvoere kan hier ‘n goeie balans voorsien omrede die internationale mark enorm groot is. Dit is egter belangrik om elke fabriek se eie bestuur te absorbeer in ‘n raad sodat samewerking op alle tereine verkry kan word soos byvoorbeeld uitvoere en bemarking.

 

Cheetahstad en die ee-fabrieke.

Die Koepel projek is ontwikkel vir SaaiCity terwyl die ee-fabrieke ontwiikel sal word in Cheetahstad. Albei is nuwe streek ontwikkelings wat dit ten doel het om nuwe moderne fabrieke te bou vir die plaaslike en uitvoer mark.

Vir meer inligting of om jou bydrae te lewer, skryf aan die SAAI Stigting by administrasie@stigting.co.za

 

Waterstof  kragstasie

Die bou van ‘n waterstof kragstasie is nog baie onbekend in Suider Afrika. Dat ons dit wel gaan bou is gewis so. Maar wat behels dit en hoe verskil dit met huidige kragstasies.

Eerstens word presies dieselfde eenhede gebruik as met steenkool kragstasies maar daar word van ‘n waterstof reaktor gebruik gemaak in plaas van steenkool. “n Kern kragstasie soos Koeberg is totaal iets anders en berus op die split van uraan atome, dit is gevaarlik en is radio aktief.

Daarteenoor is die waterstof kragstasie ‘n samesmelting van 2 protone en een neutron vebinding met nog so ‘n verbinding. Die samesmelting vorm dan helium3 plus ‘n neutron wat as ‘n klomp energie vrygestel word. Jy gebruik dus waterstof as die bron van energie en die as staan dan bekend as helium.

Jy kan ook litium en waterstof saam gebruik om dieselfde proses te verkry maar dan sal helium4 (die afval as) gevorm word. In albei gevalle word ‘n neutron vrygestel wat gepaard gaan met ‘n klomp energie.

Die voordeel van die metode is dat die energie baie goedkoop opgewek kan word en ook baie veilig is. Boonop het jy die voordeel dat dit ‘n baie skoon proses is.

Die nadeel is dat die reaktor baie duur is om te bou omrede jy sowat 100 miljoen Kelvin benodig om die samesmelting te doen (D:T= 4 kilo electron volt en D:D 35 kilo elektron volt) . Dit kan met elektro-magnete en lazer strale gedoen word sodat die nodige temperatuur en druk verkry word om die samesmelting te doen.

Jy benodig ongeveer 50 tot 70 megawatt om die samesmelting te doen maar dan kan jy 500 megawatt opwek. Dit is dus baie lonend om die proses te bedryf.

Die waterstof reaktor gaan nie deur ESKOM gebou word nie maar sal deur privaat inisiatief gebou word. Dit mag moontlik in samewerking met Duitsland, Frankryk en/of die VSA gebou word. Vir meer inligting kan die SAAI Stigting genader word.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.