Cheetah-stad

Die stad is die Nuwe Bloemfontein (totdat ons die nuwe naam bevestig het)

Hoe klink Cheetahstad ?

1.Behoeftes

Kom ons kyk eers wat is vandag se behoefte in Suid Afrika. Onder alle rasse groepe is daar onaanvaarbare moorde, roof en diefstal. Geen werk vir duisende en dan is daar die politiek wat meeste grief. Een miljoen mense het SA verlaat en wil terug keer maar nie onder die bestaande omstandighede nie. Dikwels word die toekoms van die kinders as hoof rede genoem. Plaaslik is daar meer as een miljoen Afrikaners wat ontevrede is met omstandighede wat ons later sal noem.

Ons sit met minstens 300 000 mense wat na ‘n heenkome en beter werk smag. Dan is daar jaarliks ook sowat 300 000 jong mense wat die mark wil betree. Hieruit sien ons dus duidelik dat daar ‘n geweldige aanbod is. Omrede almal nou nie net in een nuwe stad gevestig sal word nie kan ons nou aanvaar dat daar ‘n minimum van 300 000 mense gevestig moet word.

In ons beplanning neem ons nie die maksimum maar die minimum in ag. Dit gaan egter lei dat daar ‘n toestroming in die jaar 2020 gaan wees wat ons nie sal kan hanteer maar ons kan tans niks daaromtrent doen nie. Die meeste mense wil nou maar eers sukses sien voor hulle gaan deelneem.

2. Grootte van stad

Ons bepaal nou op die minimum dan aanvaar ons dat daar gemiddeld 3 mense per wooneenheid gaan woon. Dus benodig ons 100 000 wooneenhede. Verder neem ons dat die minimum van 1 persoon per woning moet ‘n werk kry. Dus 10 000 werkgeleenthede. Wanneer een direkte werk geskep word skep jy normaalweg 10 indirekte werkgeleenthede. Ons moet dus minstens 1 000 direkte werkgeleenthede skep. Ons kan egter maklik meer skep.

2.a) Indirekte werkgeleenthede – Dit is soos die winkels, munisipaliteit, skole, dokters, prokureurs, dienste ens. Dit sluit ook in kos en vervoer so byvoorbeeld sal daar te min groente en vrugte wees. Dit moet dus buite die stad geskep word en vorm alles deel van werkskepping.

2.b) Direkte werkgeleenthede

A. Staatdienste – streek hoofkantore – in-en uitvoer                                                          200

B. Swaar nywerhede – tans het ons geen hiervan.                                                            0

C. Vervaardiging – Hier voorsien ons baie elektriese toerusting omrede daar ‘n groot toename is soos; elektriese motors, tranformators en komponente.                                             500                                                                                 

D.Nuwe vervaardigers – Weens baie bouwerk voorsien ons fabrieke In die stad en omgewing vir die vervaardiging van items in die boubedryf

Soos; stene, teels, deure, vensters en vele meer.

Die wol bedryf word ook voorsien waar die wol verwerk moet word na meer afgeronde produkte. Om te kompeteer met Sjina sal ons moet kyk na masjiene wat op grootskaal beter kwaliteit kan vervaardig. Ander bedrywe is blikkies vleis en prima vleis produkte vir die uitvoer mark.            500

E. Bestaande vervaardigers – Ons gaan nie mense vra om te skuif nie maar wel om alle nuwe uitbreidings en produkte in die nuwe stad te vervaardig. Die wat wil kan skuif maar gewoonlik is die sakelui eerder gewillig om nuwe sake in nuwe stede te vestig.                                             2000

F. Mikro – vervaardigers – Ons gaan vir hulle voorsiening maak maar dit is die groot manne wat eers die infrastrutuur daar moet stel. Die mikro sake is egter kritiek vir werkskepping.                                                          300

G. Intrepeneurs – Ons moet bloot vir die mense dit moontlik maak om te begin. Jy kan nie verwag dat die wonderlike geesdrif gedemp moet word deur byvoorbeeld hulle miljoene te vra vir ‘n erf. 

                                                                                     200

H. Kontrakteurs – mense is nodig vir die bou van fabrieke, huise, winkels, paaie en vele meer. Die werkers sal ‘n vinnige aanvraag aan die begin veroorsaak waarna die werkgeleenthede stelselmatig verhoog soos hierbo uiteengesit.                                                                 200

I. Die waterstof kragstasie – Dit werk soos die son en vir al die ontwikkeling sal ons meer krag moet voorsien.                                                                      300

J. Toerisme – Hierdie is altyd ‘n alternatiewe geleentheid wat op streek basis aandag geniet en ook sal bydra om werk te skep waar ons die genoemde sake mee kan aanvul.                                                                       xxx

 

Ons kan dus sien dat ons die beplanning skoei op direkte werkgeleenthede en dit vorm dus die basis beplanning tot in die jaar 2015. Ons verwagting is dat in 2020 die projek ten volle aan die gang sal wees en dat daar nooit ‘n einde sal wees nie maar dat die stad sal bly groei en groei.

Hierdie is nie ‘n “BEE” projek nie maar werk sal wel vir alle rasse geskep word. Ons beplan egter wel dat die meerderheid mense Europa en Afrikaans sprekendes sal wees.

3. Ontvolking van die Vrystaat

Ons kan nie anders om met skok te verneem dat die Vrystaat die enigste provinsie is wat tans ontvolk. Op die platteland is 50% werkgeleenthede die afgelope 25 jaar vernietig. Van almal is 80% van die mense aangewese op staatswerk en pensioene.

Dis onmoontlik om so voort te gaan en is nie volhoubaar nie. Die staat het nie meer geld vir al die pensioene en is ons ‘n sterk teenstander van veral die kinder pensioene.

Met verwagting dat daar met die volgende droogte dit so sleg sal gaan dat nog hordes van die mense sal vlug. Waarheen is die vraag? Natuurlik sal mense ook na ander provinsies trek. In die Vrystaat is Bloemfontein hulle enigste hoop en gaan Bloemfontein oorheers met wanorde en wanhoop.

Maar waarom het Bloemfontein dan nie ontvolk nie? Al die plattelandse sake is verskuif na Bloemfontein. As jy ‘n motor of bakkie wil koop moet jy Bloemfontein toe. As jy bank sake wil doen moet jy Bloemfontein toe. As jy pensioen wil kry moet jy Bloemfontein toe. Dit is dus kunsmatig en sal verval en voorsien ons geen verdere groei van nywerhede of fabrieke in Bloemfontein nie.

Geen werk maar net meer mense wat pensioen moet kry. Geen geld vir stedelike ontwikkeling en armes moet dus roof en steel vir oorlewing. Die plattelandse sakelui wil nie meer in Bloemfontein hul sake doen nie en dit gaan vererger.

4. Politiek.

Die president wil ‘n wonderlike SA sien en die premier van die Vrystaat wil ‘n wonderlike Vrystaat sien. Dit is tussen-in waar die probleem is. Die mooi planne kom nooit op die vloer nie. Dit is ook oor die probleem dat Europa nie meer geld vir regerings wil gee nie.

Op staat en munisipale vlak kry ons skelms en rassiste wat net vir hulself wil sorg. Blink motors en baie geld is al wat hulle in belangstel. Al weet ons nou waar die probleem is, is daar geen salf te smeer. Ons moet egter een punt maak en dit is dat die sogenaamde wit mense nie die vyand is nie.

5. Omstandighede

Ons moet vra wat die mense pla sodat ons daarvoor kan beplan in ons ontwikkelings.

Die eerste wat gevind is, is dat paaie onaanvaarbaar is. Hoe tragies is dit as jy nie na jou eie huis kan ry nie. Snaaks dat dit nie moord is nie. Tog is dit so, as jy die polisie bel vir hulp dan daag niemand op nie. Dit pla, maar nog erger as hulle jou ‘n slag onskuldig toesluit. Dit is vir mense onvergeefbaar.

Rassisme in tronke laat oorsese wit mense so bang vir SA dat hulle ons nie eers wil besoek nie. Te bang vir “aids” en om in ons tronke te beland. As jy egter met ‘n hartaanval by die hospitaal opdaag en jy moet eers jou “file” gaan haal net om daarna uit te vind dat daar geen dokter is nie. Terwyl oorsee daar ‘n hele span op jou wag, dan kan mens verstaan hoekom mense land uit vlug.

As moord en roof jou familie eers tref dan twyfel jy nie meer nie. Dit is boonop die kinders wat as bron van kommer wek. Rassisme in sport en geen werk vir blanke seuns is net die begin van ouers se spreuke as hulle verkondig “Ek kan nie my kind hier grootmaak nie.” As ‘n skool net swart is, is dit normaal maar bewaar jou as ‘n skool net wit is.

Baie van ons wil hier bly en moet oplossings vind. Dit is waaraan ons nou werk.

Onmoontlik? Beslis nie. Klim in jou motor en gaan kyk hoe vorder die Wes-Kaap en doen dan dieselfde.

Samevatting

Jy kan nou beter sien wat ons doen en kan eerder deelneem aan ons beplanning. As ons na die nuwe Bloemfontein kyk sal ons sien dat ons nie ‘n stertjie aan Bloemfontein kan aanlas nie, maar sal ons nuut moet dink. ‘n Totale nuwe beplanning met nuwe fabrieke en bestuur. Tog sal dit die hele Vrystaat bevoordeel en nie benadeel nie.

Voorspoed vir die “nuwe Bloenfontein”!

SAAI Stigting vir meer oor die stigting gaan hier:

 Stigting