Ontwikkeling streek se landbou. Deel III

 

Ontwikkeling streek se landbou.

Op die kort termyn kan die volgende maklik en vinnig geskied. Die ontwikkeling streek se landbou gaan blom maar ons moet eers die beste van die droogte maak.

 

# Die ontwikkeling streek moet sy eie kos kan produseer. Daarvoor sal handel lisensies op voorwaarde toegelaat word naamlik; 1. Geen ingevoerde voedsel produkte mag verkoop word wat plaaslik produseerbaar is. 2. Geen voedsel produkte mag sonder ‘n permit in die ontwikkeling streek ingeneem word nie.

 

Enige persoon mag uitvoer en moet aangemoedig word. Tans word bykans alle graan en groente na Gauteng vervoer om daar verwerk te word. Daarna word dit weer van Gauteng versprei na die platteland. Dit gaan nie hier toegelaat word nie. Graanmeulens en produsente moet plaaslik hul produkte verpak en versprei.

 

# Graad A2 en A3 vleis moet uitgevoer word.

 

# Groente en vrugte moet weekliks uitgevoer kan word en binne 48 uur in Europa wees. Dit is veral tydens oorsese winters waar ons nie die markte benut nie.

 

# Vragvliegtuie moet in die toekoms vragte direk van die ontwikkeling streek na Europa neem. Die laai van produkte in koelkamers moet ekonomies en vinnig geskied sonder die bestaande rompslomp.

 

# Treine moet verbeter word en vinniger dienste moet by punte soos markte, silo’s en lughawens geskied.

 

# Geen diere produkte mag sonder ‘n permit (geslag, lewendig of verwerk) in die ontwikkeling streek ingeneem word nie.

 

# Groente en vrugte moet meer en op groter skaal verbou word.

 

# Ontwikkeling van nuwe produkte, finansiele ondersteuning en waar of hoe ontwikkeling in landbou op ‘n praktiese wyse uitgebrei kan word.

Ontwikkeling streek se landbou

Hierdie is nie die enigste items nie en ook nie al die probleme nie. Dit sal ten minste weer die landbou binne die ontwikkeling streek op ‘n gesonde basis plaas. Goeie samewerking sal die landbou verbeter en werk skep. Ons besef dat voedsel die nommer een produkte is.

Wild en toerisme.

Hierdie items sal gekombineer word om ‘n baie groter bedryf te verseker vir toerisme sowel as die plaaslike wild Boere en wild reservate. Daar word 4 wild reservate binne die ontwikkeling streek beplan. Dit sal meer toerisme lok en die jag bedryf sal gereguleer word sodat die bedryf meer bekendheid oorsee sal werf. Die bedrywe sal ster graderings ontvang vir items soos; verblyf, onthaal, etes en slag geriewe.

As ek ‘n bietjie stout mag wees gaan ek die reservate noem: Koppiesdam, Trustgebied, Willem Pretorius en Golden gate. Geen verdere kommentaar oor die saak nie asseblief.

Wie gaan wat doen?

Op die plaas kan jy net met goeie planne en harde werk produseer. Op die kleinhandels vlakke en ketting winkels kan ons poog om meer reg te kry.

In die geval van die voedsel invoere kan ons begin om diegene wat invoer bekend te maak en dan begin om die handel te dwing om nie ingevoerde voedsel te verkoop nie. Die groot ketting winkels moet gedwing word om die plaaslike landbou te bevoordeel.

Boere vereenigings per bedryf moet verder uitgebrei word en ondersteun word sodat produkte effektief verhandel kan word. Die Boer se primere saak is die produksie van ‘n produk maar sekonder moet daardie produk op die winkel of uitvoermarkte geplaas word. Dis hier waar die organisasies effektief moet ontwikkel.

Jy moet besef dat die ontwikkeling streek se landbou die mees suksesvolste in die wereld gaan wees. Uit siener se perspektief sal God die streek seen met ongekende voorspoed. Soos met Josef in Egipte moet ons net onthou dat God die beste planne het.

Veiligheid van plase is so groot saak dat ons dit eerder in aparte artikels sal bespreek. Al krap ek nou meer in diepte in die ontwikkeling streek glo ek dat dit kan bydra om alle Boere van hulp te wees. My persoonlike gevoel is dat meer kennis doen nie kwaad nie.

Hoe meer jy weet, Hoe meer weet jy, Hoe min jy weet.

Hou die blad dop want soos ons kennis saam met die gemeenskap groei sal ons dit opdateer.

Vir meer oor die voorspellings lees hier: https://nuus.stigting.co.za

Vir meer oor die landbou gaan hier: Landbou

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.