Droogte, landbou stort in duie. Deel II

In die vorige deel I het ons van die Boere-oorlog tot tans gekyk. Nou kyk ons na tans en more. Dit is egter eers die bitter wat reeds voor ons deure is. Die landbou stort in duie en as die oorsese markte die pryse bepaal laat dit ‘n wrang smaak in die mond. Daar wag egter ongekende voorspoed en die Boere-nasie sal oorleef maar….

Ongekende voorspoed maar….

In 2013 is landbou nog gesond in die sentrale gebied maar daar is baie kostes wat nie meer deur Boere gedra kan word nie. Invoere vernietig die Landbou en al het ons te veel vleis word dit nog met tonne se invoere begroet. Melk Boere maak op strepe toe en voerkrale vergaan.

Geen ondersteuning maak dit vir baie Boere onmoontlik om voort te gaan en jong mense gaan soek eerder werk buite die landbou. Die landbou wat altyd die trots was word nou as armlastig beskou. Grond hervorming is ‘n verminkte begrip waar mense eerder blootgestel word aan bangkrotskap as om deel te vorm van ekonomiese oplewing.

Arbeid vergaan weens mense wat eerder op al die verskillende pensioene of toelaes wil lewe as om te werk. Werkloosheid groei en die Boere is verplig om te maganiseer en arbeid intensiewe bedrywe te vervang met massa produksie.

Hoe lyk 2014 en verder….

Ons gaan nou net kyk na landbou in die ontwikkeling streek. Die eerste en slegste is droogte. Droogte is nou nie geen reen nie en ook nie net vir een jaar nie. So ons verwag droogte vir ongeveer sewe jaar waar die reenval heelwat onder normaal gaan wees. Die volgende vraag is wanneer begin die sewe jaar en wanneer eindig dit?

Ons kan ‘n jaar of twee uit wees maar die verwagting is vanaf 2014 tot 2021. Sommige sal voel dat die droogte reeds in die suid weste begin het terwyl ander voel dit is nog nie erge droogte nie. Dit wissel egter van waar jy is maar dit het reeds so 4 jaar gelede in die Kaap begin en is tans besig om in die sentrale gebiede in te beweeg.

Voorsorg sal jou nie bangkrot maak nie maar as jy dink ek is stupid en jy tref nie voorsorg nie kan jy solank ‘n bordjie maak met die woorde: “Plaas te koop”

Dan sal die droogte ook eerste begin in die suid weste en selfsprekend ook eerste daavandaan eindig. Daarna kom die ongekende voorspoed. Jy moet egter eers oorleef anders gaan jy nooit by die voorspoed uitkom nie.

‘n Ander vraag is wat van “ons” wat buite die ontwikkeling streek is? Dit is nie die droogte nie, maar die verwagting is groot probleme met die swart bevolkings. Die Wes- en Oos- kaap se droogte is reeds verby maar daar word nog groot probleme vir blanke Boere in die OP verwag.

Die logika vir die OP sal wees, as jy kan,  verkoop jou plaas teen die beste prys. As daar nie geleenthede is nie , skep die geleenthede. Voorspoed vir julle.

Voorsorg vir droogte.

 

Die graan Boere weet reeds dat mens moet net plant op lande wat goed vog hou. Die grond vroeg losmaak dat die reen kan intrek en min kunsmis gebruik. Kyk ook na winter koring omdat dit minder vog benodig. Die Boere het voldoende kennis om die beste van ‘n droogte te maak. Pasop net as die Amerikaners die mielieprys in duie laat stort weens ‘n oorproduksie.

Dis egter met die vee waar die probleem te laat aangespreek word. Damme droog op, spruite en kuile droog op en boorgate se water daal. Dit maak besproeiing moeilik en duur. Min tot geen voer en mielie produkte word onbekostigbaar vir voere, veral soos vir hoenders en varke.

Lekker vet osse of bulle kan jy 20 maklik verkoop teen so R240 000. Dis mos lekker. Maer koeie kan jy egter in droogte tye “maklik” verkoop Jy kry dan ook maklik so R40 000 vir jou 40 maer koeie. Dis so R3 330 per maand. Hoe jy daarmee gaan lewe sal net jy weet.

Moenie skrik as jy nie jou beeste verkoop kry om voer te kan koop nie. Die mark word oorvloei deur ander lande se uitskot. ‘n Mens dink 10 000 hoenders is baie maar die mense praat van 10 000 ton hoenders per vrag. Boere het geen beheer oor sulke sake nie en dit laat die landbou in duie strort.

Dit is sekerlik reg om jou plaas optimaal te benut maar as droogte wink moet jy jou kuddes verklein. Maak ook ‘n draai by die slagter en vertel hom om die lae pryse deur te gee aan die verbruiker sodat meer vleis verkoop kan word.

Die groot boodskap is egter om nie skuld te maak nie en eerder jou bank rekening op te stoot in die groen en nie in die rooi nie. Tref vroegtydig voorsorg soos Josef in Egipte.

Arbeid en droogte.

Inderdaad sny mens op arbeid. Mens wil net die beste behou maar baie vra hoe kan Boere arbeid sny sonder al die wetgewende verpligtinge. Die maklikste is sny jou swakste werkers na deeltyds en verminder die werkdae na die helfte of so. Maak seker dat jy jou werkers inlig dat jy nie meer al die lone kan bekostig nie.

Jy mag vrystelling vra vir die verhogings maar dit is normaalweg net tydelik en los nie die probleem op nie. Dan kan jy ook sekere bedrywe heeltemal sluit weens die feit dat jy nie meer wins maak nie. In so geval is dit raadsaam om konsultante te gebruik wat spesialiseer op sulke grootskaalse afdankings.

Boere het reeds ‘n verskeidenheid nasies in diens wat ook help. Werkers uit die noorde is normaalweg baie onkundig. Sommige weet nie eers hoe ‘n tang werk nie. Jy moet hulle leer maar omdat hulle reeds op dun eis in SA is kry jy nie arbeids probleme nie. Arbeid sal altyd te koop wees maar jy wil tog goeie werkers indiens kry en behou.

Goeie Blanke werkers is baie skaars maar daar is wat vir die minimum loon sal werk as hulle behuising kry. Jong mense moet betrek word en ons moet leer by lande soos Australia en die VSA waar werkers per plaas so 3 keer minder is as in SA. Daar vind mens dat 5 mense tot 45 000 beeste hanteer.

Ek praat met een Boer wat sy familie kom haal het en na die VSA verhuis het. Hy het sy plaas verkoop en maak nou die Amerikaners se varkhokke skoon. My vraag was of hy nou nie bloot ‘n werker (k………) is vir daai mense nie. Sy antwoord was dat sy omstandighede is baie beter daar as hier. Sy enigste probleem was dat hy elke keer moes was en skoon aantrek voor hy in die “barn” kon eet.

Ons sal moet her-besin oor wat werk is en hoe werkers, veral jong Blankes, weer in ons landbou betrokke kan raak.

Volgende keer kyk ons verder op soek na die positiewe ontwikkelings en strategie in die landbou. Gee solank jou kommentaar oor jou eie toekoms en hoe jy die dag van more sien.

As jy wil meer weet oor droogte vir vee gaan kyk hier; https://www.senwes.co.za/af-za/artikels/view/proaktiewe-droogtestrategie-is-net-die-ding-vir-2012-se-winter

Oor hoe grondhervorming help om landbou in duie te laat stort kan jy bo-verwagte feite hier kry;

https://groups.yahoo.com/group/praag/message/45145

Meer oor voorspellings gaan kyk hier; https://nuus.stigting.co.za/

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.