Droogte Betlehem, Tweespruit, Ficksburg

Droogte,

Die koue winter mag jou mislei maar gaan kyk na Martie se Kanada en Rusland waar jy ons winter met hulle somer kan vergelyk. Duidelik het ons nog baie lesse te leer.

As ons kyk na droogte se verkeerde kant kan ons nou wag tot na die winter. Dan gaan koop ons ‘n spilpunt op skuld en plant vinnige mielies. Het ons nou baie kos vir die droogte? Jy gaan heelwaarskynlik 10 keer meer water benodig. Jou kanse dat die damme en boorgate gaan opdroog is baie hoog. Dan sit jy nou waar?

Winter gewasse, vrugte en groente.

Dit klink so verkeerd vir die logika om Februarie reg te maak vir plant. Tog moet ons juis dit doen. Moenie wag tot na die winter maar begin nou kennis insamel en reg te maak vir volgende jaar. Ons weet dat die droogte kan langer aanhou as 5 jaar. As jy daarna ‘n oorproduksie het van jou produk is dit net die idiale tyd om uit te voer.

droogtekoring1

Met winter koring 13.5% op R3500 per ton is dit eerder die ton/ha wat pla. Sommige is maar ver van 6.9 ton/ha. Dan is soya teen R5000 ook ‘n item wat meer aandag kan kry. Daar is ‘n goeie mark vir HFM-gars teen 4 ton/ha en kanola teen 2 .3 ton/ha. Met die gewasse kan jy met min of geen arbeid presteer maar jy het die regte kultivar vir droogte nodig.

Dit is nie ‘n goeie idee om te veel verskeidenheid te produseer nie want dan verloor jy jou kennis of ingesteldheid van die produk en jou mark. Jy het egter ook ‘n nutsmark nodig.

 

sojabone

Dit is nou die regte tyd om te bepaal watter vrugte en groente jy wil aanpak vir die winter en/of droogte. Jy kan nou gaan soek na wie produseer wat in jou omgewing. Wat was voorheen geproduseer en wat kan jy uit ander lande leer. Begin by jou saad maatskappy en maak kontak met oorsese produsente in Kanada en Rusland. SA Boere is vandag oral in die wereld.

Ons weet dat baie plante se groei stagneer in die winter maar net voor en daarna kan jy goed produseer. Dit mag ook ‘n goeie idee wees om nog vanjaar toetse in en om jou huis te begin. Dan kan jy volgende jaar net uitbrei.

Jy weet dat arbeid moeilikheid is, so neem dit in ag met jou planne en probeer om plante te kies volgens ‘n mark wat nie arbeid intensief is nie. Gelukkig kan jy meganiseer soos jy ekspirimenteer.

Uitheemse produkte

Tonnels is ‘n goeie idee maar raak ‘n duur saak op groot maat. Dis nie net die raam en plastiek nie, maar die infrastruktuur en die peste en plae. Dit kan egter ‘n puik oplossing wees as jy ‘n puik plan het.

Europa en tans ook plaaslik gebruik mense baie meer produkte wat in die ou dae nie eers oorweeg was nie. Die landbou het nie ontwikkel in die markte nie en dit is juis dit wat ek in gedagte het vir die streek.

Hier kyk ons na speserye, tee, olywe, kruie, medisyne, ui-spruite, neute en alles wat ek en jy nie ken nie. As ek met die artikel net een punt kan maak dan sal dit my verheug. Dit is dat ons buite die bestaande boks moet kyk na nuwe horisonne. Nuwe produkte met nuwe tegnologie om by die bestaande te voeg.

Verwerkings aanlegte.

Oom Sarel se perske en Ficksburg se nutsmark met kersies is wonderlike produkte. Dit is dikwels nodig om dit verder te verwerk as net die pluk van die boom. Op hierdie vlak sal die Boere-vereenigings baie kan bydra sodat meulens opgerig word met verpakkings aanlegte. Die maal is dikwels maklik maar die massa verpakking van verskillende produkte verg soms meer kapitaal as wat mens dink. Dit mag nie arbeids intensief wees nie en moet dwarsdeur die jaar benut kan word.

Dit mag egter saam met produkte soos soja, mielies en koring meer ekonomies opgerig word. Die genoemde produkte gaan in die toekoms plaaslik verpak en versprei word. Uitvoere op die lang termyn sal dit ‘n goeie belegging maak.

Dit is veral ingevoerde produkte en verwerkte produkte vanaf Gauteng wat vervang moet word. Soos wat die mark gaan uitbrei en die ontwikkeling streek gaan ontwikkel sal die aanvraag na plaaslike produkte styg.

Die koue winter streek moet dus optimaal benut word met innoverende denke oor die droogte terwyl items soos vleisbeeste en mielies verder noord sal skuif na gebiede waar daar 5 tot 7 ton ge-oes kan word van ‘n droe land.

Wolskape

Dit is ‘n lekker warm produk vir die winter en sal voortduur in veral streke om Tweespruit tydens die droogte. Daar is beplanning vir diefstal maar vir die wol is beter planne nodig.

Die wol moet hoogs gespesialiseerd verwerk word in produkte vir veral die koue lande. Leer jasse en bootse met lekker warm wol. Dan is ‘n netjiese wol “suite” ook maar ‘n item waarsonder die “hogerende” politiek nie sal wees nie.

Dit mag dalk nog ‘n paar jaar wees maar ons benodig masjiene en kennis wat nog nie in die land is nie. Dit is dus ‘n tegnologiese uitdaging.

Droogte, Bangkrotskap en werkloosheid.

Ongelukkig is dit so dat “witmense” nog geteiken word as die rassiste. As jy dink die arbeidstakings in 2013 en gepaardgaande verhogings is verby, sit jy die pot heel mis. Dit gaan oor lede en stemme werf en wie is nou beter om te teiken as die wit Boere.

Jy sit nou met ‘n dubbel probleem. Aan die eenkant die arbeid wat jy nie meer kan bekostig en aan die anderkant moet jy probeer om die droogte te oorleef. Vyf jaar plus kan lank raak.

Een tegniek is die “no Job” borde. Dit help om op verskeie fronte ‘n boodskap na die vakbonde en hul lede te stuur. Daar is nie geld en daar is nie werk. Stop die betogings en stop die invoere. Dit moet egter deur jou plaaslike winkels ondersteun word sodat dit nie net weer die wit boere is nie.

Die “no Job” borde stuur ook vir die munisipaliteite ‘n boodskap. Dit is; Pasop. jy is volgende. Vir jouself het dit die boodskap; sny werk, sny uitgawes en bid om die droogte te oorleef. ###

Sluit aan by die SAAI Stigting hier: https://affiliatebank.net/afr

Vir meer oor landbou gaan hier: landbou

Een antwoord op “Droogte Betlehem, Tweespruit, Ficksburg”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.