Landbou ontwikkeling. Deel I

Boere – oorlog tot nou en more. Deel I

Na die oorlog

Tydens die oorlog weet ons dat die Engelse patetiese kos gegee het, maar wat het direk na die oorlog gebeur? Wat het die mense ge-eet? Ons weet die Engelse het alles verbrand. Die veld, die huise en nadat hulle alles gevat het wat hulle kon, het hulle die vee en diere uitgewis sodat die Boere nie meer kos kon kry nie.

Toe die mense uit die konsentrasie kampe en van die eilande as gevangenis terugkeer was daar absoluut niks. Op strepe is die mense na plase wat leeg was. Huise se mure en dakke was herstel met modder-sooie en gras.

Maar wat het hulle ge-eet?

Die Engelse het kwota’s meel gegee en die Boere het dadelik met groente tuine begin. Water was skaars en pompe het nog nie bestaan nie. Uit fonteine was die groente nat gelei en met emmers nat gemaak. Opslag uit die ou bewerkte grond was ‘n powere begin.

Groente en vleis was verkoop aan die Engelse om geld te kry. Dit was soos die polisie, klerke en landdroste wat deur die Engelse betaal was. Die smouse met waens uit die Kaap kolonie wou kontant verkry vir die handel en nie kos nie. Die hoof items was koffie, sout en saad wat die Boere wou koop.

Die groente tuine het vinnig op die been gekom maar wild vir vleis was veral in die Vrystaat skaars. Die meeste was haas en tarentaal. Die kinders het gewerk vir kos en verder het hulle voeltjies gevang en gebraai. Tortelduif was die gesogste en elkeen wat kon wou ‘n melkkoei koop.

Dit was moer sleg.

Toe ek in standerd 5 was het beslaglegging op pa se salaris plaasgevind nadat die boerdery in trurat geloop het. In plaas van kos koop het die rakke skielik leeg gestaan. Net ‘n huis, krag en water. Die Here stuur my na ‘n Boer wat ‘n stewige half sak meel skenk en ouma maak koffie sonder die “kiekerie”.

Ouma beveel aan dat ek die moerkoffie oor die pap gooi dan is dit nie so droog nie. Pa staan op om te gaan werk en maak die opmerking; “Dis soos ek groot geword het.” Ek begin eet maar dit was sekerlik sigtelik wat ek gedink het van die kos. Swart bitter koffie en mielie pap. Dit was moer sleg.

My gedagtes kon nie keer dat ek terug verlang na my melkkoei tussen Sub B en standerd een. Elke dag koei gemelk en trots met ‘n emmer melk huis toe gestap. By die skool het die meisies egter vir my laat eenkant sit want ek ‘stink na koei’. Nou eet ek die swart gemors.

 

Hoe het die Boere reggekom sonder ‘n koei? Later daag die welsyn op om te sorg en vryf dit vir my in dat ek mag net een item op die brood eet. Soos of marmite of botter, maar nie albei. Gelukkig was dit net vir skuins na 3 maande toe dit terugkeer na normaal.

Meganisasie.

Ja, wie ken nou nie die paraffien trekkers wat jy begin met petrol en dan oorskakel na paraffien. Die Farmall kon met die draai van die pulley gestart word en die voorwiele was normaal of smal wiel (row crop) wat teen mekaar was en skerp kon draai.

Boere se trekkers

Die Vaal Japie moet genoem word en toe begin die Diesel trekkers.

vaal japie

Vandag kan ma ook stroper ry in ‘n “aircon” kajuit.

stroper

Boere in Landbou vandag.

Nee, die Boere boer lankal nie meer vir kos op die tafel nie. Weinig het nog ‘n groente tuin en nog minder ‘n melkkoei. Nee, vandag is dit massa produksie vir geld en waar dit nie goed gaan nie, werk die Boere vir inkomste uit ander bronne.

‘n Totale ander benadering word gevolg. Van die Boere is prokureurs, advokate, dokters, pensioenarisse en maak tot mense se dakke reg vir geld. “Mechanic, Take aways” tot beskuit bak is sommige se planne vir geld. Ja die lewe het gedraai.

In sommige streke is tot so min as 10% van die Boere nog bona fide-Boere. Die woorde het bykans vergaan na die ‘94 verkiesing en vandag is sowat 85% Boere ouer as 50 jaar. Waar is die jong manne? Land uit of in stede?

Aldus Ramphele het Boere van 100 000 tot 36 000 gedaal. 50% van Zambia is van ons Boere en in Mosambiek is 800 SA Boere.

Meer as 1 miljoen van ons mense het reeds land uit gevlug terwyl sowat 28 000 Boere van die hand na die mond lewe. Ander weer het besighede in ander lande maar hulle bly nog hier.

Die vraag is vandag oor hoe gaan landbou oor tien jaar lyk. Waar en hoe gaan die Boere oorleef en hoe lyk die land se toekoms waar? Wat van arbeid in droogte tyd?

Volgende keer krap ons die derms uitmekaar en kyk na groei en die ekonomiese toekoms in die landbou.

Vandag wil ek afsluit met die gedagte. Kan jy glo daar is in hierdie moderne samelewing nog mense wat ysters rooi warm maak en diere daarmee brand?

Meer oor Siener van Rensburg se voorspellings; https://nuus.stigting.co.za

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.